AMATEUR STOEINoord-Gauteng Stoei


NG Inligting
Algemeen


 

eMail
gnoffice@gnwrestling.co.za



NG Stoei Kalender



NG Saal Kalender

 


Registreer op SAMS!

 

SA Stoeifederasie

 

     TuisbladLTDONG BestuurNG KomiteesNG KlubsToernooie

 



AdminAfrigtersBeamptesMediesSpanbestuur

2012-02-12

Beste stoei vriende,

Die nuwe jaar kom met groot uitdagings en geleentheid vir Stoei deelname asook vir die bestuur van Stoei sake. Noord-Gauteng sal voortbou en verbeter op ons doelwitte vir ‘n breë deelname basis en top prestasie van ons stoeiers en ampsdraers. Ons sal tydens 2012 hierdie doelwitte rig in lyn met ‘n strategie vir Lang Termyn Deelnemer Ontwikkeling (Long Term Participant Development - LTPD) ter ondersteuning van ‘n Nasionale Sport Inisiatief vir die bestuur en aanbieding van sport.

Die SASF het ‘n deeglik beplande raamwerk vir die afrigting en ontwikkeling van stoeiers saamgestel, wat aanpassings aan die benadering tot afrigting vereis, asook bepaalde verwagtinge stel vir aanpassings aan die aanbieding van Stoei toernooie. Verenigings en Klubs sal tydens 2012 toernooi aanbieding moet aanpas ooreenkomstig met LTPD riglyne en ruimte word toegelaat om alternatiewe konsepte van toernooi aanbieding te toets. Dit bied die geleentheid vir elke organisasie struktuur en individue om insette te lewer tot die verandering aan Stoei toernooie, wat deelnemers se behoefte aanspreek en wat voldoen aan beproefde beginsels vir die onwikkeling van sport manne en vroue.

Daar is bepaald ook ‘n risiko vir ontnugtering en teleurstelling van deelnemers aan toernooie wat verhoed moet word deur deeglike beplanning en deurlopende kommunikasie op alle vlakke. Die strategiese doelwitte en minimum vereistes vir die implementering van LTPD soos vervat in betrokke SASF dokument (WRESTLING A SPORT FOR LIFE 22 NOVEMBER 2011) gee 'n goeie oorsig en lede kan baat vind om die dokument as vertrekpunt deur te gaan.

Die beplanning vir 2012 het reeds in Augustus 2011 begin met die Half Jaar Beraad waartydens ‘n Noord-Gauteng Strategie met insette van alle klubs saamgestel is. Die beplanning vir 2012 sluit die volgende Strategiese prioriteite in:

 

1. Beplanning en implementering van LTPD met 'n spesifieke fokus op:

a. Bestuurs beplanning

b. Aanpassing aan die aanbieding van toernooie

c. Verandering bestuur en kommunikasie

d. Gefokusde afrigting-kurrikulum met gepaartgaande afrigtingsopleiding en gradering.

e. Werwing en behoud van beamptes, insluitend die verlaging van die intree-ouderdom vir beamptes

f. Internasionale bloodstelling

2. Ontwikkeling van Bulletjie Stoei as ‘n alles omvattende intreë strategie vir die verbreding van die deelname basis

3. Die implementering van ‘n Noord-Gauteng bestuur struktuur vir Zenzele asook die vestiging van ‘n Zenzele Hub Bestuurs struktuur.

4. Implementering van effektiewe en doelgerigte bemarking en kommunikasie. Die bemarkings pos op die bestuur is geskrap met die doel om kundige mense te betrek wat doelgerig kan funksioneer.

5. Ondersteuning aan nuwe en kleiner klubs. Sub-komitees is gestruktureer met spesifieke poste vir klub ondersteuning.

6. Skole Stoei – Om privaat afrigting buite klub verband te vestig en te reguleer tot voordeel van Noord-Gauteng Stoei en sy ge-affilieerde klubs. Om daardeur die beeld van Stoei positief uit te bou en breë deelname te bevorder as strategiese middel tot die uiteindelike vestiging van Skole Stoei as ‘n medium tot langer termyn doelwit.

 

Ek wens u almal alle sterkte toe met u take en uitdagings vir die jaar wat voorlê en hoop dat u aan die einde van die jaar met bevrediging sal terugkyk na u bydrae gelewer en prestasies behaal. Aan almal wat bereid is om eie tyd op te offer vir die sport – byvoorbaat dank.

 

Sterkte vir die Stoei jaar

 

Danie Odendaal